Voltooiing van Jou Moer ’n Boer-Aansoek

Vul in ons aansoekform

Vul in die aansoekform om in te skryf vir Moer 'n Boer 3.


Vereiste Dokumentasie en Media

Om jou aansoek volledig te finaliseer, vra ons dat jy asseblief die volgende twee items aan ons Moer ’n Boer WhatsApp-nommer – +27 61 502 3253 stuur:

  1. ’n Goeie, helder, vol-lengte foto van jouself
    • Die foto moet duidelik wees en jou van kop tot tone wys.
    • Dit help ons met jou profiel en interne beoordelingsproses.
  2. ’n Kort selfoonvideo (± 90 sekondes)

    Neem ’n video van ongeveer 1 minuut en 30 sekondes waarin jy die volgende deel:

    • Stel jouself en jou plaas voor
    • Vertel ons watter dorp jy verteenwoordig
    • Hoekom skryf jy in vir Moer ’n Boer Seisoen 3?

    Maak die video so uniek en persoonlik as moontlik – wys vir ons jou storie, jou energie en jou persoonlikheid. Ons wil graag sien wie jy is!

Aanbevole video-formaat

Vrae? Kontak Ouboet!

As jy enige vrae het of onseker is oor iets, kan jy gerus vir Ouboet van den Berg kontak.

Moer 'n Boer x Versus